top of page

As Christelike familie aanbid ons God; koester en bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing

KleuterKerk

Kleuters is soos sponsies; hulle suig alles wat ons vir hul leer met entoesiasme op! Daarom is die kleuterbediening vir ons baie belangrik!

Ons het ‘n groot span toegewyde vrywilligers wat elke kleuter koester asof dit hul eie kind is.

Dit is vir ons belangrik dat mense nie ons kleuterbediening sien as ‘n oppasdiens nie; kleuterkerk is ‘n volwaardige erediens van ons gemeente. Ons koördineerder by die kleuters is Claudine Maré. Jy kan haar kontak by claudine.mare@gmail.com.

Kinderkerk

Ons is baie opgewonde oor ons kinderbediening! Dit is lekker om te sien hoe kinders hul kan uitleef in aanbidding, speel, leer en groei.

Kinderkerk vir Gr. 1-6 vind plaas tydens die erediens (08:45) in die Kinderkerk ouditorium. Hier kom die grootgroep bymekaar vir gebed, aanbidding en deel van die Woord. Daarna deel almal op in kleingroepe.

Ons besef dat hierdie fase in ‘n kind se lewe krities is. Hier moet elke kind begelei word op ‘n dissipelskap pad. Ons sien ons verhouding met ouers as ‘n vennootskap. Ons wil graag ook ouers ondersteun in die vorming van hul kinders. Daarom het ons ‘n Kweek-Huis bediening, waar ons ouers wil bemagtig met praktiese wenke. Gaan loer gerus op ons webtuiste: www.kweekhuis.weebly.com of ons Facebook blad: Kweek-Huis.

Ons koördineerder by die kinderbediening is Wihan Venter. Jy kan hom kontak by wihan@endecon.co.za

Tieners

By die tienerbediening van ons gemeente wil ons graag die hoeveelheid energie, passie en dryf wat ‘n tiener besit, kultiveer en stuur in die beste rigting!

Daarom doen ons moeite om die tieners te bedien op so ‘n manier dat hul tot hul reg kan kom as deel van die liggaam van Christus.

 

Tienerdiens

Tienerdienste word tweeweekliks aangebied en word op ons kalender aangedui.

Na ‘n erediens gedurende die kwartaal neem die tieners deel aan tiener groeigroepies. Hier deel ons ons lewens met mekaar en stap ons die pad van dissipelskap saam.

tienerdiens.JPG

GOM-aksie

GOM-aksie vind elke Dinsdag van die kwartaal plaas (vanaf 18:00 tot 19:30). By GOM glo ons Jesus Gee-OM vir ons; daarom wil ons dieselfde doen met ons lewens!

gom 1.JPG
gom 2.JPG

Kampe

Ons is trots op die verskeidenheid kampe wat ons aanbied. Kampe bied aan elke tiener ‘n spesiale geleentheid om dieper verhoudings te bou en ‘n ervaring te hê wat nie gedurende ‘n uur op ‘n Sondag kan gebeur nie.

Die kampe word ook op die kalender aangedui: Skoolverwisselingskamp (Gr. 8’s), Gr. 10 (Hoekom?) kamp, Gr. 11 kamp, #Imagine (alle tieners), Groundswell (alle tieners), Pa-en-Seun en Ma-en-Dogter kamp (Gr. 11’s).

Hierdie kamp-ervarings het al telkens ‘n radikale effek op tieners se lewens gehad; moet dit nie mis nie! Indien daar enige vrae is rondom ‘n kamp, kontak ons gerus!

 

Die koördineerder by die tienerbediening is Carel van Wyk en die leraar betrokke by die tieners is Anru Liebenberg.

Jy kan hul kontak by: Carel – 082 371 3938 en Anru – 083 469 6783.

kampe1.JPG
kampe2.JPG
kampe3.JPG
bottom of page