top of page
As Christelike familie aanbid ons God; koester en bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing

Jaco Strauss
083 799 9946
Jaco Strauss is sedert 2008 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Adele, ʼn wiskunde onderwyseres en hulle het 3 kinders, Luann, Jannay en Aliante.
Dit is vir Jaco belangrik dat hulle as gesin dinge saam doen. Kamp met ʼn tent; dag-staproetes; draf; tafelgesprekke saans en fotografie is van die dinge wat hulle saam geniet.
Jaco is passievol oor dissipelskap-verhoudings en gemeentebou-prosesse.
As leraar is Jaco verantwoordelik vir die intrekbediening; gebedsbediening; dissipelskap; gemeentebou/verhoudingsbediening; omgeegroepe en mede-verantwoordelik vir die pastoraat en eredienste.

JZ de Jager
0724758152
JZ de Jager is vanaf 2020 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Karla, ‘n fisioterapeut. Hulle het twee kinders, Marissa en Eben. Om tyd as gesin te spandeer is vir hulle kosbaar. Dan probeer hulle dinge doen wat elkeen geniet en so groei hulle as gesin ook nader aan mekaar.
Goeie en gesonde verhoudings is vir hom baie belangrik. As hy een wens kon kry dan sou dit wees dat elkeen binne elke verhouding waarbinne hulle staan gelukkig sal wees. Hy weet egter dit is nie altyd moontlik nie daarom is dit vir hom ook lekker om met mense ’n pad te stap om op so manier mekaar te help om verhoudings te koester.
JZ is as leraar verantwoordelik vir onder andere die kinderbediening, getuienis bediening, die senior lidmate en sommige van die Bybelstudies. Hy is medeverantwoordelik vir die pastorale bediening, eredienste en prediking.
bottom of page