As Christelike familie aanbid ons God; koester en bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing

Jong volwassenes

 

Ons jong volwassenes groep kom op Woensdae om 18:30 by die kerk bymekaar. Hierdie groep bestaan uit uiteenlopende jongmense, sommiges studente en ander jong werkende mense in ons gemeenskap.

Ons skep ‘n ruimte waar jong volwassenes welkom is, waar ons saam kan verhoudings bou en kan groei in dissipelskap en diensbaarheid.

Daar word ook op ad-hoc basis ander geleenthede gereël waar ons dinge op ander tye saam doen, soos om saam te gaan stap, betrokke te raak by ‘n diensprojek of na ‘n plek buite die dorp te ry om saam te kuier.

Die jong volwassenes het elke jaar ook ‘n kamp; hou die kalender dop vir ‘n datum in Novembermaand!

Indien jy op ons kommunikasie verspreidingslys wil wees, of meer inligting benodig, kontak Anru: 083 469 6783.

jong volw 2.JPG
jong volw.JPG