top of page

As Christelike familie aanbid ons God; koester en bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing

INLIGTING AANGAANDE ONS GEBEDSAKIES

 

EGI – WHATSAPP-GROEP

Dikwels hoor ons die behoefte dat mense sê, ons wil graag bid maar weet nie presies waarvoor nie. Op hierdie WhatsApp-groep word weekliks inligting uitgestuur waarvoor gebid kan word. Die president, die regering van ons land en leiers in ons samelewing is hier prioriteit.

 

Die Woord sê:

1 Timoteus 2:1-2  Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense,  (2)  vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.

Romeine 13:1  Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.

Esegiël 22:30 Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ’n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie.'

 

Die Bybelgenootskap en Sending-organisasies se gebedsbehoeftes word ook dikwels hier gedeel sodat jy daagliks kan intree vir Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld.

 

Soms word daar ook informasie oor plaaslike en nasionale gebedsinisiatiewe hier deurgegee.

Ida van Breda 083 506 9444 is admin van hierdie WhatsApp-groep en jy kan haar kontak indien jy weeklik hierdie inligting wil ontvang.

 

GEBEDSNOODLYN

Soms ontstaan daar dringende nood in ons gemeente waarvoor dadelik ingetree moet word. Die doel van hierdie aksie is om ons lidmate in gebed in hulle nood by te staan.

 

Psalm 18:7 In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God. In sy paleis hoor Hy my geroep. Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my.

 

Jean Hallatt 083 449 2012 is admin op die Gebedsnoodlyn-groep. Sy ontvang gebedsversoeke uit die gemeente en deel dit met die groep. Hierdie bidders is vrywilligers en jy sou jouself kon byvoeg deur ook vir Jean te kontak.

 

Jakobus 5:14 As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.

 

INTERSESSIE TYDENS EREDIENSTE

Elke Sondag tydens die erediens is daar intersessors in die gebedskamer wat deel is van die geestelike gebedsoorlog. Ons beleef hoedat die bidders wat in Gees en Waarheid aanbid, gelei word om met die Swaard van die Gees die vyand teen te staan in die Naam van Jesus Christus.

 

Efesiërs 6:18-20 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. Ter wille van hierdie evangelie is ek ’n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.

 

Hier word die Here herinner aan sy beloftes.

 

Jesaja 62:6 Ek het wagte op jou mure uitgesit, Jerusalem, hulle sal dag en nag roep. Julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie.

 

Intersessie vir die erediens is anders as voorbidding wat vooraf plaasvind. Intersessie vind plaas tydens die Woordverkondiging en die bidders tree in die bresse vir die prediker, kleuterkerk-, kinderkerk- en tienerdiensleiers om die evangelie met vrymoedigheid bekend te maak.

So beleef ons dat mense se lewens verander tydens die diens omdat hul vry is om te luister en vry om met oorgawe te aanbid.

 

Psalm 106:1 Die Here wou hulle verdelg, maar Moses, sy uitverkorene, het by Hom vir hulle in die bres getree om sy gramskap af te keer, sodat Hy hulle nie vernietig het nie.

 

Daar is tans 5 spanne wat twee kere per kwartaal geleentheid kry vir intersessie.

Johan Lues 082 560 4282 koördineer die spanne, sou jy wou deel word van hierdie aksiegroep kan jy hom gerus kontak. Opleiding word ook gegee.

 

GEBEDSBRIEF

In die skooltermyne verskyn die gebedsbrief weekliks as deel van afkondigings Sondae. Tans is daar vyf lidmate wat beurte maak om hierdie brief op te stel. Op ons almanak verskyn gemeentelike behoeftes waarvoor ons hier bid. Dit is die opsteller van die gebedsbrief se taak om tekste uit die Bybel te koppel aan die behoeftes van die week.

 

In die Skrif is God se beloftes asook sy wil vir ‘n saak duidelik uitgespel:

1 Johannes 5:14-16

En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

 

Die boodskap van die week of reeks waarmee ons besig is en die implikasies wat dit inhou vir die praktyk van ons daaglikse lewe, word ook hier opgedra in gebid.

 

Jakobus 1:23-25 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ’n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

 

Ons bid ook graag vir ons lidmate wat in nood, van watter aard ook al, verkeer. Hier is ons heeltemal afhanklik van aanmelding. Lidmate kontak die kerkkantoor 013-7524518 met hierdie versoeke, wie dit dan weer die Woensdag voor die Sondagbrief aan die opsteller deurstuur.

 

Jakobus 5:13-16 As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.

 

Ons bid ook graag dat God se koninkryk hier op aarde sal kom; sendingwerk van dwarsoor die wêreld se behoeftes word ook hier bekendgemaak.

 

Matteus 9:38 Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”

 

Leon du Plessis 0829013361 koördineer die rooster, sou jy wou deel word van hierdie aksiegroep kan jy hom gerus kontak.

bottom of page