top of page

As Christelike familie aanbid ons God; koester en bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing

Geloofsbediening:

Verskeie elemente wat ons as gemeente se geloof stig

en uitbou word deur die geloofsbediening aangespreek,

soos byvoorbeeld die fasette van die erediens

(klank, multimedia, musiek, lofdans ens.), en gebed

(gebedsbrief, gebedsnoodlyn, intersessie).

Kerkraadslid: Troubelene Diedericks (083 415 5696)

Getuienisbediening: 

By die getuienisbediening fokus ons daarop om die

goeie nuus van die evangelie te deel of om dit elders

moontlik te maak. Of dit in ons eie gemeenskap is, deur

middel van getuienisse, deur die ondersteuning van

sendelinge of organisasies soos

Back to the Bible Training College naby Barberton,

is dit ons prioriteit en passie.

Kerkraadslid: Theo van der Westhuizen (082 321 9853)

Diens van Barmhartigheid:

Die doel van diens van barmhartigheid is om waar die

nood ook al is, aan te bied om ‘n verskil te maak.

Dit vind plaas op verskeie maniere en deur middel

van verskillende projekte, soos die uitdeel van kospakkies,

die noodkos vrieskas, die skenking van klere, broodjieprojek,

netwerk met ander organisasies en gemeentes en ander.

Ons het ook ‘n voltydse maatskaplike werker wat op die

maatskaplike en geestelike welstand van mense in nood fokus

en ‘n omvattende diens kan lewer.

Hierdie bediening is afhanklik van mense se volgehoue

ondersteuning deur middel van skenkings en ander praktiese

vorme van betrokkenheid.

Kerkraadslid: Cavall Venter (083 279 1146)

Junior Jeug :

Die junior jeug bedien kinders tussen die ouderdomme van 3 en 12, by die gorrelgat (kleuters), Gr. 1-3 by die oranje deur en die Kinderkerk ouditorium (Gr. 4-6).

Die bediening fokus op ouderdomstoepaslike geestelike vorming van hierdie kinders en ook die bediening aan hulle gesinne.

Kleuter- en kinderkerkleiers speel ‘n belangrike rol sodat kinders sinvol bedien kan word op verskeie praktiese en pret maniere.

Kerkraadslid: Re-Ande Carter (082 564 8326)

Senior Jeug:

Die senior jeug, oftewel GOM, se fokus is op die tieners in ons gemeente en in die gemeenskap. Deur middel van Tienerdienste, GOM-aksie op weeksaande en verskeie kampe en uitreike, bied ons ‘n ruimte waar tieners kan behoort en kan omgee vir ander.

Jeugleiers neem verantwoordelikheid vir elke graad se groeigroep op ‘n Sondagoggend.

Kerkraadslid: vakant (verantwoordelike leraar: Anru Liebenberg: 083 469 6783)

Verhoudingsbediening:

Hierdie bediening sorg dat ons gemeente se verhoudings kan gedy. Met ‘n span vrywilligers wat by verskeie geleenthede soos feeste of spesiale geleenthede hand opsteek om seker te maak dat alles mooi verloop, skep dit ruimtes waar ons motto hande en voete kry: “Waar verhoudings die verskil maak.”

Kerkraadslid: Elizabeth Combrink (084 588 9949)

Finansiële bediening:

Die finansiële bediening se werk is om alle elemente wat betrekking het tot die finansies en bates van ons gemeente, te bestuur. Die rentmeesterskap van die bates wat die Here aan ons toevertrou het is vir ons ‘n belangrike taak, en hierdie bediening bied die nodige oorsig en vars insigte om seker te maak dat ons die hulpbronne wat aan ons toevertrou word, doelgerig en verantwoordelik aanwend.

Kerkraadslid: Louis Marais (083 269 5455)

Koinonia bediening:

As verhoudingsgemeente gebruik ons al vir baie jare kleingroepe waar lidmate saam aanbid, mekaar koester, bemoedig en saam bedien.  Aangesien daar verskillende behoeftes en fokus areas is, het ander groepe mettertyd ook ontstaan. Tans bestaan die Koinonia bediening uit omgeegroepe, dissipelskapgroepe, Bybelstudiegroepe, ‘n vroue-Bybel-kuiergroep, ‘n mannegroep en die jong volwassenes groep.

Kerkraadslid: Willem le Roux (079 567 6562)

Intrek-bediening:

Hierdie bediening se doel is om elke persoon wat nuut inskakel in ons gemeente, in te trek, tuis te laat voel en om deel te raak deur by ‘n bediening hulle gawe aan te wend. Deur middel van groet by deure, die bemanning van die nuwe intrekkers tafel, die reël van nuwe intrekkers kuier geleenthede en deur middel van skakeling met nuwe lidmate en bedienings, skep die bediening ‘n omgewing van gasvryheid en behulpsaamheid sodat almal ‘n plekkie kan hê in ons gemeente om te behoort en te bedien.

Kerkraadslid: Vakant (verantwoordelike leraar: Jaco Strauss: 083 799 9946)

Eiendomsbediening:

By hierdie bediening kry die eiendomme van ons gemeente die nodige aandag, of dit nou die kerk perseel, pastorieë of Sonheuwel erf behels. Ons eiendomme vereis voortdurende instandhouding, opgradering en ontwikkeling. Hierdie bediening maak seker dat dit op ‘n deurlopende basis en met die nodige deeglikheid plaasvind.

Kerkraadslid: Tobie Kloppers (082 574 6332)

Gemeentebou bediening:

Dit is vir ons belangrik dat ons gemeente op ‘n deurlopende basis aandag skenk daaraan om kerngesond te bly en om elke lidmaat toe te rus om aktief deel te wees van die groei en uitbou van ons gemeente, ter wille van die Koninkryk van God. Dit is hierdie bediening se taak om strategies daarmee besig te wees.

Kerkraadslid: Dionne Harber (082 566 1874)

4-B Bediening:

Die missie van hierdie aksiegroep is: Ons is Besorg oor ons Bejaardes en daarom Besoek en Bemoedig ons hulle. Die frekensie van besoeke en bemoediging deur lidmate, aan lidmate, word bepaal deur behoefte en tyd beskikbaar.

Kontakpersoon: Jaco Strauss (083 799 9946)

bottom of page