top of page
Bou Saam.png
Bou saam logo.png

Druk op die verkose skakel hier bo om 'n bydra te lewer

Ons gemeente is besig om ’n nuwe bedieningsruimte in Sonheuwel te ontwikkel – ’n plek waar die gemeenskap kan saamkom, aanbid en geestelik groei.

Ons nooi jou uit om deel te word van hierdie geloofsreis deur ons “Bou Saam”-projek te ondersteun, waarmee ons fondse insamel om die terrein meer toeganklik te maak.

Elke bydrae, groot of klein, help om letterlik en figuurlik ’n stukkie van die pad te plavei:

• Borg ’n halwe vierkante meter – R200

• Borg ’n volle vierkante meter – R300

• Of borg ’n paar vierkante meter, soos jy kan

Saam plavei ons nie net ’n pad nie – ons baan die weg vir die Koninkryk van God en bou ’n nalatenskap vir die geslagte wat ná ons kom. 

Word vandag deel van hierdie uitreik in ons omgewing.

WhatsApp Image 2025-10-07 at 12.14.01_3d93984b.jpg

Betalings kan via Quicket op die webwerf gedoen word of direk by die kerkkantoor, waar jou blok(ke) ook op die kaart afgemerk sal word, sonder die transaksiefooi.

idLGUq_BXl_1761206864625.png
bottom of page