Tieners

Die hoeveelheid energie, passie en dryf wat ‘n tiener besit, is verbysterend! Ons wil dit graag benut in ons gemeente. Daarom doen ons moeite om die tieners te bedien op so ‘n manier dat hul tot hul reg kan kom as deel van die liggaam van Christus.

Tienerdiens

Tienerdienste word gereeld aangebied en word op ons kalender aangedui.
Na elke erediens gedurende die kwartaal neem die tieners deel aan tiener groeigroepies. Hier deel ons ons lewens met mekaar en stap ons die pad van dissipelskap saam.

GOM-aksie

GOM-aksie vind elke Dinsdag (of alternatiewelik sommige Donderdae) van die kwartaal plaas (vanaf 18:00 tot 20:00). By GOM glo ons Jesus Gee-OM vir ons; daarom wil ons dieselfde doen met ons lewens! Vir meer oor GOM, kyk na die video!

Kampe

Ons is trots op die verskeie kampe wat ons aanbied. Die kampe word ook op die kalender aangedui: Skoolverwisselingskamp, Gr. 10 (Hoekom?) kamp, Gr. 11 kamp, #Imagine, #Re-Imagine, Pa-en-Seun en Ma-en-Dogter kamp.

Hierdie kampe het al telkens ‘n radikale effek op tieners se lewens gehad; moet dit nie mis nie!

Die koördineerder by die tienerbediening is Willem le Roux. Jy kan hom kontak by willem@irricon.co.za.