top of page

As Christelike familie aanbid ons God; koester en bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing

WhatsApp Image 2022-02-28 at 2.26.56 PM.jpeg

Jaco Strauss

 083 799 9946

Jaco Strauss is vanaf 2008 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Adele wat smiddae wiskunde ekstra klasse en nog ‘n paar ander kursusse aanbied. Hulle het 3 kinders, Luann, Jannay en Aliante.

 

Dit is vir Jaco belangrik dat hulle as gesin dinge saam doen. Hulle hou van saam vleisbraai en die kinders se sport en kultuur gee hom geleentheid om ʼn rekreasie-fotograaf te wees.

 

Jaco is as leraar verantwoordelik vir die gebedsbediening; dissipelskap-reis; ontdek-kursus;  verhoudingsbediening; dienswerkerbediening en medeverantwoordelik vir die pastorale bediening en prediking.

H31B3210.jpg

Anru Liebenberg

 083 469 6783

Anru Liebenberg is vanaf 2015 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Danél; ‘n maatskaplike werker. Hul het ook ‘n seuntjie, Ruach.

Anru se gesin is sy rykdom en spandeer graag tyd saam met hulle. Hy hou daarvan om sy kop skoon te kry deur te draf. Musiek en aanbidding is ook vir hom ‘n groot belangstelling. Dit verskaf vir hom baie energie wanneer jongmense hul roeping ontdek en uitleef.

Anru is as leraar verantwoordelik vir die tienerbediening, jong volwassenes en barmhartigheidsbediening. Hy is mede-verantwoordelik vir pastorale bediening en eredienste. 

JZ 10_edited.jpg

 

JZ de Jager

 0724758152

JZ de Jager is vanaf 2020 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Karla, ‘n fisioterapeut. Hulle het twee kinders, Marissa en Eben. Om tyd as gesin te spandeer is vir hulle belangrik. Dan probeer hulle dinge doen wat elkeen geniet en so groei hulle as gesin ook nader aan mekaar. 

Goeie en gesonde verhoudings is vir hom baie belangrik. As hy een wens kon kry dan sou dit wees dat elkeen binne elke verhouding waarbinne hulle staan gelukkig sal wees. Hy weet egter dit is nie altyd moontlik nie daarom is dit vir hom ook lekker om met mense ’n pad te stap om op so manier mekaar te help om verhoudings te koester. 

 

JZ is as leraar verantwoordelik vir onder andere die kinderbediening, getuienis bediening, die senior lidmate, omgeegroepe en sommige van die Bybelstudies. Hy is medeverantwoordelik vir die , pastorale bediening, eredienste en prediking.

bottom of page