Jaco Strauss

083 799 9946


Jaco Strauss is vanaf 2008 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Adele, voorheen ʼn onderwyseres en deesdae gee sy smiddae wiskunde ekstra klasse. Hulle het 3 kinders, Luann, Jannay en Aliante.

Dit is vir Jaco belangrik dat hulle as gesin dinge saam doen. Hulle hou van die wildtuin en die kinders se sport en kultuur gee hom geleentheid om ʼn rekreasie-fotograaf te wees.

Jaco is as leraar verantwoordelik vir die geloofsbediening; kleingroepbediening; verhoudingsbediening; dienswerkerbediening; bestuursbediening en medeverantwoordelik vir die gemeentebou; pastorale bediening en prediking.


 

Stephan van Greunen

083 449 4075


Stephan is vanaf 2008 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Tertia. Sy het haar eie besigheid in die mediese bedryf. Hulle het twee kinders Rico en Esmie. Hulle breek graag weg na die wildtuin as gesin en is baie lief vir die natuur. Kuiers saam met vriende om ‘n bosveldvuur is vir hulle kosbaar en hulle geniet die eenvoud van die lewe.

Stephan het ‘n voorliefde vir pastoraat en berading. Hy is saam met die bedieningspanne verantwoordelik vir die Diens van Barmhartigheid, Getuienisbediening, Finansies en die Eiendomsbediening. Hy is medeverantwoordelik vir die Gemeentebou; Pastorale bediening en prediking.




Anru Liebenberg

083 469 6783


Anru Liebenberg is vanaf 2015 leraar in die gemeente. Hy is getroud met Danél; ‘n maatskaplike werker. Anru hou daarvan om sy kop skoon te kry deur te hardloop.

Musiek en aanbidding is ook vir hom ‘n groot belangstelling. Dit verskaf vir hom baie energie wanneer jongmense hul roeping ontdek en uitleef.

Anru is as leraar verantwoordelik vir die kinderbediening, tienerbediening en jongvolwassenes en medeverantwoordelik vir die gemeentebou, pastorale bediening en prediking.