KleuterKerk

Kleuters is soos sponsies; hulle suig alles wat ons vir hul leer met entoesiasme op! Daarom is die kleuterbediening vir ons baie belangrik!

Ons het ‘n groot span toegewyde vrywilligers wat elke kleuter koester asof dit hul eie kind is.

Dit is vir ons belangrik dat mense nie ons kleuterbediening sien as ‘n oppasdiens nie; kleuterkerk is ‘n volwaardige erediens van ons gemeente. Ons koördineerder by die kleuters is Claudine Maré. Jy kan haar kontak by claudine.mare@gmail.com.