Kinderkerk

Ons is baie opgewonde oor ons kinderbediening! Dit is lekker om te sien hoe kinders hul kan uitleef in aanbidding, speel, leer en groei.

Kinderkerk vir Gr. 1-6 vind plaas tydens die erediens (08:45) in die Kinderkerk ouditorium. Hier kom die grootgroep bymekaar vir gebed, aanbidding en deel van die Woord. Daarna deel almal op in kleingroepe.

Ons besef dat hierdie fase in ‘n kind se lewe krities is. Hier moet elke kind begelei word op ‘n dissipelskap pad. Ons sien ons verhouding met ouers as ‘n vennootskap. Ons wil graag ook ouers ondersteun in die vorming van hul kinders. Daarom het ons ‘n Kweek-Huis bediening, waar ons ouers wil bemagtig met praktiese wenke. Gaan loer gerus op ons webtuiste: www.kweekhuis.weebly.com of ons Facebook blad: Kweek-Huis.

Ons koördineerder by die kinderbediening is Wihan Venter. Jy kan hom kontak by wihan@endecon.co.za